Berading & Bevrydingskursus | Counselling & Deliverance Course
Pieter & Helene Theron is al 26 jaar in die berading en bevrydings
bediening en bied elke jaar landswys hule Berading & Bevrydingskursusse aan.
Kurses inhoud sluit in:
Hoekom hoor ek nie God se stem nie ? Jou identiteit in Christus
Ons geestelike wapens en die bloed van Jesus Geestelike oorlogvoering
Innerlike genesing Die krag van vergifnis en belydenis Erfsondes Vloeke
Satanisme en die tiener Heksery Die verkeerde soort musiek - heavy metal
Selfmoord Verslawing Kindermishandeling Die profiel van ‘n Christelike berader
Die doel van berading Wanneer gaan berading oor in bevryding ? Wie behoort bevryding te doen ? Hoekom is Christene nie vry nie ? Wat verhinder bevryding? Geestelike outoriteit Die Christen en demone Ken die vyand Die aard van demone Tekens van demoniese invloed en manifestasies
The Course is currently only presented in Afrikaans, but English handbooks are available.

'n Lewe van
oorwinning.
Deur ons Berading & Bevrydingskursus by te woon of ons DVD's te kyk sal jy leer hoe om vloeke en erfsondes te breek en om geeste uit te dryf sodat jy waarlik vry kan wees.
Nerens in die Woord het Jesus gese dat as mense die evangelie hoor, alle bose geeste sommer net sal verdwyn nie. Inteendeel, Hy het sy dissipels opdrag gegee om die evangelie te verkondig en om bose geeste uit te dryf. Christene kan demone he wat al voor hule bekering ingekom het, maar hulle kan ook na hulle bekering demone kry deur volgehoue sondes en doelbewuste verkeerde besluite.
Send us your testimonial / Stuur vir ons jou getuienis

Wie benodig bevryding?
'n Persoon in wie se lewe daar konsekwent min te sien is van die vrug van die Heilige Gees - liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. So 'n persoon is byna altyd 'n kandidaat vir bevryding in een of meer areas. 'n Persoon wat aangekla voel deur wat hy beskou as mislukking. Persone wat vertel van konstante teistering deur bose geeste. Persone wat aangetrek word tot okultiese verskynsels en wat by geleentheid daaraan toegegee het. Persone wat chronies siek bly en waaroor medici nie 'n suksesvolle diagnose kan bereik nie, mag moontlik 'n gees van krankheid (of ander) he.
ORDER
our 7 dvd series.
We recorded one of our courses and it is now available on DVD. Perfect to watch at home with a group of friends, cell group, bible study group, to lend out or give as a gift! It is currently only available in Afrikaans.
Koste is R550 + R30 posgeld. Stuur jou adres en bewys van inbetaling aan helene@xsinet.co.za
Bankbesonderhede
Capitec Mosselbaai
Takkode 470010
P F Theron
Spaarrekening 131 477 1319



berading & bevrydings
kursus datums.
Kursusse 2015
13 - 15 Februarie Alberton
Hannelie 084 221 3334
6 - 8 Maart Welkom / Riebeeckstad
Bertie 082 444 8269
17 - 20 April Witbank
Petrus 083 458 6563
15 - 17 Mei Paarl
Amada 078 132 7407
22 - 24 Mei Durbanville
Liezl 021 976 4106
12 - 14 Junie Pietersburg
Bettie 082 460 8774
Helene 015 289 6105
24 - 26 Julie Despatch
Li-la 041 933 4045
14 - 16 Augustus Somerset-Wes
Theo 021 851 9722
4 - 6 September George
Sureth 082 877 5006
25 - 27 September Bloemfontein
Antionette 082 852 7478
16 - 18 Oktober Stellenbosch
Martie 082 802 1212
23 - 25 Oktober Langebaan
Bernice 022 7721902

“Eers as die Seun jou vrygemaak het, sal jy waarlik vry wees.”
Joh 8:36
Ek het julle dvd’s gekyk - baie onwillig! Ek het ‘n baie besige skedule en wou eintlik die naweek net rus. Ek het dit egter toe saam met my ma en meisie begin kyk en absoluut verlore geraak in die aanbieding. Ek het my hart reeds op ‘n vroee ouderdom vir die Here gegee, maar onwetend baie deure oopgemaak vir die vyand om my aan te val. Terwyl ons na die dvd’s gekyk het, het my meisie se hande begin bewe en sy het besef dat sy bevryding nodig het. Ek het die volgende oggend deur my eie lewe gebid en alle moontlike oop deure toegemaak in die Naam van Jesus. Nadat ek my sondes bely het, het ek dadelik ‘n heerlike ligte gevoel ervaar. Ek is toe na my vriendin toe en het ook op haar bevryding gedoen.Dit was presies soos in julle videos! Ek het nooit gedink dat ek so iets self sou beleef nie! Ek het gedink dat ek uit sou freak, maar ‘n kalmte wat alle verstand te bowe gaan het oor my gekom. Ek het een vir een die bose geeste onder Jesus se voete ingestuur! Jaloesie, woede, haat, manupilasie, rebellie, selfmoord en ook seksuele onrein geeste. In plaas van vrees was ek vervul met ‘n opgewondenheid oor die almag van God en wat Hy deur my kom doen het. Die demone het by tye gesmeek, haar by tye gewurg en haar selfs met haar armband probeer sny. Die Heilige Gees het egter elke keer vir my die regte ding laat doen! Wow! Die Here is so groot, Hy het my eie geloof weer kom versterk. Verskriklik baie dankie vir julle leiding.
J Naude
"
"
"
"
Ek het vir 2 jaar gesukkel met depressie. Ek het een aand julle DVD's gekyk en selfbevryding gedoen. Ek is dadelik bevry en God het duidelik vir my gese om van die volgende dag af nie meer my medikasie te drink nie. Dis nou al 'n hele paar maande en ek het nog nie weer eers n bietjie met depressie gesukkel nie. Prys die Here! Dit het my hele verhouding met God ook omgedraai, want die depressie het my heeltemal van God gesteel. Ek het ook self in die bediening begin en is amazed met God elke dag. Baie dankie vir die werk wat julle doen en die inspirasie wat julle is!
Lea Botha
