course details | kursus inligting
Die kursus word aangebied oor ‘n naweek: ons begin gewoonlik die Vrydagaand 19:00 tot so ongeveer 21:30. Die Saterdagoggend is dit vanaf 9:00 tot die aand 18:00 en die Sondag is dit gewoonlik vanaf 9:00 tot 12:30 of vanaf 2:00 tot 18:00 as die ouens eers kerk wil bywoon.
** Daar is gewoonlik twee keer se breek vir tee vir 30 minute en die etenstye is ‘n uur lank. Die kursusganger ontvang ‘n handleiding en ‘n nasorgboekie.
Die koste van die kursus kan wissel vanaf R380 tot R500 pp afhangende van die koste van die lokaal en die vervoer en verblyf. Hierdie bedrag sluit dan die handleiding en die nasorgboekie in. Vir persone wat die handleiding deel, word daar R100 afslag gegee. Skoliere kan afslag kry. Julle moet onthou dat kerke wat die kursus self aanbied baie goedkoper kan vra want die saal is gewoonlik gratis en die kerk self borg die vervoer.
Daar kan ook ‘n bedrag bygesit word vir die koste van die tee en dalk beskuit soggens. Sommige gemeentes soek borge vir die vervoer en die verblyf sodat die kursus dan goedkoper aangebied kan word.
Vervoer : R2.50 per kilometer ekstra.
Dit is nie vir ons altyd moontlik om vir groepe minder as 50 ‘n kursus aan te bied nie. Ons bring ons eie klank en dataprojektor saam. Ons benodig ‘n wit skerm en so drie ekstra tafels vir ons gebruik.
Die inhoud van die kursus:
Die profiel van ‘n Christelike berader
Die doel van berading
Hoekom hoor ek nie God se stem nie ?
Jou identiteit in Christus
Ons geestelike wapens en die bloed van Jesus
Satanisme en die tiener
Heksery
Die verkeerde soort musiek - heavy metal
Selfmoord
Verslawing
Kindermishandeling
Wanneer gaan berading oor in bevryding ?
Wie behoort bevryding te doen ?
Geestelike oorlogvoering
Innerlike genesing
Die krag van vergifnis en belydenis
Hoekom is Christene nie vry nie ?
Wat verhinder bevryding ?
Geestelike outorieit
Die Christen en demone
Ken die vyand
Die aard van demone
Tekens van demoniese invloed en manefistasies
Erfsondes
Vloeke
Wat is bevryding ?
Die voorbereiding van die berader
Ondersteuningsgroepe
Die bevrydingsproses




